Hier is die gedig soos belowe....
SY‘n droom van perfeksie
‘n droom van toekoms geluk
maar in haar lê ‘n hart
gebroke
in haar lê ‘n dromer
alleen
deurmekaar oë wat soekend wegkruip
vergryping na aandag van ‘n geslote hart
harde trane te pletter teen ‘n tralie van haar blou paradys
sewentien– hy neem haar maagdskap en sy word verban
verban van volkome liefde na ‘n oomblik van roekelose lus
nog ‘n more
nog ‘n maan
nog ‘n druppel op my hand
nog ‘n droë seisoen van skaamtevolle vernedering op haar eiland
nog ‘n eensame termyn van jare se verlange wat spook in haar herhalende drome
een en twintig – hy wys haar ‘n ongelooflike hemel met wolke van eindelose
hartseer
sy word die vrywillige slagoffer van ‘n arrogante self
sy verban haar spore uit oases van liefdevolle geluk
sy weerhou haar brose hart van botterblommetjies in septembermaand
sy kies haar stil hartseer pad alleen
sy sluit ‘n donker deur op haar knieë
sy verwerp ‘n gevoel van saamwees
sy begrawe haar droom saam met haar flessie vol sonskyn
sy koop ‘n vrugbare tropiese eiland
sy vlug/trek een donker aand
vannaand begin sy – as enkeling - vreemdeling
nuwe spore in haar stowwerige onseker toekoms plant
nuwe strande waar silwer branders gisters wegspoel
nuwe drome lê in die oggend vergete waar sy haar silhouette benoem
nuut word sy in die nag
maar geluk lê steeds verkrag onder haar donker skaam jare van ‘n vaal verlede