'n Vriendelike Veeltalige Internasionale Bymekaarkomplek
A Friendly Multilingual International Social Meeting Point

 
HomeHome  CalendarCalendar  GalleryGallery  FAQFAQ  SearchSearch  RegisterRegister  MemberlistMemberlist  UsergroupsUsergroups  Log in  

Share | 
 

 Weer ek

View previous topic View next topic Go down 
AuthorMessage
Guest
Guest



PostSubject: Weer ek   Fri Nov 02, 2007 1:56 am

affraid


Hier is die gedig soos belowe....




SY



n droom van perfeksie

n droom van toekoms geluk



maar in haar l n hart

gebroke

in haar l n dromer

alleen



deurmekaar o wat soekend wegkruip

vergryping na aandag van n geslote hart

harde trane te pletter teen n tralie van haar blou paradys



sewentien hy neem haar maagdskap en sy word verban

verban van volkome liefde na n oomblik van roekelose lus

nog n more

nog n maan

nog n druppel op my hand

nog n dro seisoen van skaamtevolle vernedering op haar eiland

nog n eensame termyn van jare se verlange wat spook in haar herhalende drome



een en twintig hy wys haar n ongelooflike hemel met wolke van eindelose
hartseer

sy word die vrywillige slagoffer van n arrogante self

sy verban haar spore uit oases van liefdevolle geluk

sy weerhou haar brose hart van botterblommetjies in septembermaand

sy kies haar stil hartseer pad alleen

sy sluit n donker deur op haar knie

sy verwerp n gevoel van saamwees

sy begrawe haar droom saam met haar flessie vol sonskyn



sy koop n vrugbare tropiese eiland

sy vlug/trek een donker aand



vannaand begin sy as enkeling - vreemdeling

nuwe spore in haar stowwerige onseker toekoms plant

nuwe strande waar silwer branders gisters wegspoel

nuwe drome l in die oggend vergete waar sy haar silhouette benoem

nuut word sy in die nag

maar geluk l steeds verkrag onder haar donker skaam jare van n vaal verlede






Sleep
Back to top Go down
 
Weer ek
View previous topic View next topic Back to top 
Page 1 of 1

Permissions in this forum:You cannot reply to topics in this forum
Sparkling Sparklers :: Sparkling Sparklers Forums :: Liefde & Romantiek - Love & Romance-
Jump to: