Sparkling Sparklers
Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.


'n Vriendelike Veeltalige Internasionale Bymekaarkomplek
A Friendly Multilingual International Social Meeting Point

 
HomeHome  GalleryGallery  SearchSearch  Latest imagesLatest images  RegisterRegister  Log in  

 

 Liewe Dr Roof ...

Go down 
AuthorMessage
Warrefok
Entheos
Warrefok


Male
Number of posts : 1056
Age : 75
Location : Pretoria - South Africa
Registration date : 2007-10-18

Liewe Dr Roof ... Empty
PostSubject: Liewe Dr Roof ...   Liewe Dr Roof ... EmptyTue Feb 05, 2008 5:24 pm

Liewe Dr Roof,

Ek is 15 jaar oud en sit graag my hand op my boyfriend se been in die bus. Ons ry elke dag
saam in die bus. Iemand het dit nou die dag gesien en gesκ ons gaan kak as die onnies uitvind.
Hoe nou? Is dit dan verkeerd?

Baie ongelukkig,

Sannie.
——————————————————————————————————————————————————

Liewe Sannie,

Bly weg van jou boyfriend se been. Dit is taboe, onheilig en vreeslike sonde. Nee magtig man, wat
word van julle kinders deesdae? Toe ek 15 was het ons met ons fietse in die spruitjie gaan ry,
mense se vensters met eiers gegooi, kaalgat onder die maanlig rondgehardloop en skelm gerook.
Maar been vashou! Genade ons. Dis onwettig!

Maar ek verstaan jou probleem.. Enige kind het behoefte aan liggaamlike kontak. In die goeie ou
dae was dit glad nie ‘n probleem nie. Lyfstraf was nog wettig, en ons het gereeld liggaamlike kontak
op ons boude gehad. Toe vat die bliksems lyfstraf weg. Ek dink dit het die persoonlike kontak net
vanaf skool na huis verskuif. Maar toe word diι ook onwettig. Nou wat maak mens nou? Die onnies
mag nie meer aan jou vat nie, jou ouers mag nie meer aan jou vat nie. Maar vat sal daar gevat
word. So nou soek jy dit op iemand se been?

Hou moed. Ander dag more is jy 16, dan kan jy sy been, sy hand, en ander dinge vashou. Maar nie
nou al nie. Het jou ma hulle nooit vir jou geleer hoe vry werk nie? Ai tog. Ouers van vandag leer nie
meer hulle kinder nie. Kom ek vertel jou.

• Voor 7 bad jy saam met seuntjies
• Op 8 gril jy vir seuntjies
• Op 9 gril seuntjies vir jou
• Op 10 giggel jy vir seuntjies
• Op 11 giggel seuntjies vir jou
• Op 12 giggel julle vir mekaar
• Op 13 droom julle van mekaar
• Op 14 sit julle langs mekaar
• Op 15 maak julle oogkontak
• Op 16 Gemeenskap
• Op 17 soen julle
• Op 18 hou julle hande vas
• Na 18 maak jy wat jy wil. Of jy trou, of jy slaap rond, of jy begin sing en doen albei, soos Oom Steve.

So wag tot jy 16 is, asb. Tot dan toe, wees geduldig en rook eerder.

Hoop dit help jou.

Die uwe,
Dr Roof.
Back to top Go down
 
Liewe Dr Roof ...
Back to top 
Page 1 of 1

Permissions in this forum:You cannot reply to topics in this forum
Sparkling Sparklers :: Sparkling Sparklers Forums :: Grappies - Jokes-
Jump to: