'n Vriendelike Veeltalige Internasionale Bymekaarkomplek
A Friendly Multilingual International Social Meeting Point

 
HomeHome  CalendarCalendar  GalleryGallery  FAQFAQ  SearchSearch  RegisterRegister  MemberlistMemberlist  UsergroupsUsergroups  Log in  

Share | 
 

 TRAGEDY

View previous topic View next topic Go down 
AuthorMessage
Guest
Guest



PostSubject: TRAGEDY   Sat Jan 19, 2008 2:09 am

Nuus

Nel kyk glo plaasmoorde-program voor skietery
JULIAN RADEMEYER
18/01/2008 11:07:17 PM - (SA)

SWARTRUGGENS. – Die sogenaamde Skielik-skieter, mnr.
Andries Nel (1 8 jr ) het op die vooraand van sy beweerde moordtog na ’n
televisie-program oor plaasmoorde gekyk.

Nel se ma, Corrie, en dr. Bertus Cilliers ’n dominee
van die dorp, vermoed die plaasmoorde-insetsel verlede Maandag het Nel
tot sy beweerde moordtog die volgende dag gedryf.

Intussen het die dodetal tot vier gestyg nadat me.
Anna Moiphitlhi (31) eergister in die hospitaal beswyk het. Sy was die
ma van Keditlhotse (3 maande) wat in Maandag se aanval doodgeskiet is.

Die vierde moordklag sal waarskynlik by die klagstaat gevoeg word wanneer Nel Donderdag weer in die hof verskyn.

Cilliers het gister aan Die Burger gesê dat hy die
Skielik-skietery as ’n “rasse-voorval” beskou, maar dat daar ook baie
ander faktore is wat dalk kon bygedra het.

Nel was self die slagoffer van twee plaasaanvalle en
het waarskynlik gely aan die “onderliggende vrees” en “gevoelens van
magteloosheid” wat in die boeregemeenskap heers oor gewelddadige
misdaad.

“Om te bespiegel – as ’n poging om iets te verstaan
– het ek die vermoede dat hy aan depressie gely het, met die feit dat
hy ’n introvert en ’n redelike alleenmens is”, sê Cilliers.

“Ek dink hy het waarskynlik . . . ’n wêreldjie van
sy eie geskep en die wêreldjie het dalk saamgekom met ’n onderliggende
vrees, die soort vrees wat miskien onderliggend in ons gemeenskap lê.

“Daar is ook ’n gevoel van magteloosheid, dat hy
niks aan die situasie kan doen nie. Dit gaan saam met die huidige
politieke klimaat en onlangs die goeters rondom Selebi en Zuma.”

Al die goed het saamgekom en uitgebars “omdat hy dit nie meer kon hanteer nie”.

Volgens Cilliers “sou ’n ander ou aan die suip
gegaan het. ’n Ander ou sou die huis stukkend geslaan het of die skaap
gaan keel-af sny, maar hy (Nel) het ’n geweer gevat en gaan skiet”.

In Skielik het die plakkersgemeenskap gister nog gesukkel om die skietery te verstaan.

Me. Violet Mopelwa (45) was een van die gelukkiges.
Sy het gesien hoe die skieter op haar aanlê. Dit was mis en die koeël
het ’n woonwa getref.

“Ek het só afgebuk en weggehardloop. Hy het net
geskiet en gestap. Hy’t niks gesê nie. Niks gesê nie. Hy was in bruin
(klere) en hy het koeëls om hom gedra.”

Sy sê sy ken vir Johan Nel se pa Hennie. “Hennie was goed, maar sy seun . . . ek weet nie,” het sy gesê.

“Ons harte is so seer,” het mnr. Thys Legwale gesê.
Me. Anna Moiphitlhi was sy dogter en Keditlhotse sy kleindogter. Albei
is dood.

“Daai man het geskiet asof hy koedoes jag. Vir hom
was ons net koedoes,” het Legwale gesê. “Hy moet ook doodgaan. Hy moet
saam met hulle (sy dogter en kleindogter) gaan.”

Drie van die slagoffers word volgende Saterdag op Swartruggens begrawe.

*AfriForum het mnr. Patrick
Chauke, ANC-LP van die distrik en organiseerders van die betoging
Donderdag buite die Swartruggens-landdroshof by die menseregtekommissie
verkla “weens haatspraak en die aanblaas van rassespanning.” Dit volg
ná gebeure buite die hof waaronder slagspreuke soos ‘Kill the Boer,
kill the farmer!’ gedreunsing is.
Back to top Go down
 
TRAGEDY
View previous topic View next topic Back to top 
Page 1 of 1
 Similar topics
-
» Fire tragedy kills 3 kids
» The Guilt of the McCanns by Manual Catarino
» Lexis Roberts -- Found Deceased 10/8/10, Suellen Roberts -- Found Deceased 11/15/10
» First time as tragedy - The Blacksmith Bureau - mccannfiles
» Madeleine McCann detective made £300k from book about tragedy

Permissions in this forum:You cannot reply to topics in this forum
Sparkling Sparklers :: Sparkling Sparklers Forums :: In die Nuus - In the News-
Jump to: