Skerwejou groot gevaar
is daar...
waar niemand dit gewaar
in jou hart...
gister se pyn en smart
word vandag se groot swart gat
en wil jou onderdruk
- en jy laat dit toe -
om 'n vorm aan te neem
wat bo-oor jou
na vore druk
jy bak die vorm
in 'n masker hard
dra dit elke dag
voor jou hart
straal 'n skyn uit
maar agter dit
is jy rou en sag
'n porselein front
val later op die grond
'n getapte siel
sonder suurstof en sonlig
verrot en vrot so mettertyd:sobcry:
'n hoop skerwe maak die pyn
jy pas die skerwe weer terug
maskers dra nie goeie vrug
dit groei net vas na wese
jy glo later self jou eie leuen en vrese