'n Vriendelike Veeltalige Internasionale Bymekaarkomplek
A Friendly Multilingual International Social Meeting Point
HomeHome  ­CalendarCalendar  ­GalleryGallery  ­FAQFAQ  ­SearchSearch  ­RegisterRegister  ­MemberlistMemberlist  ­UsergroupsUsergroups  ­Log inLog in  
Post new topic   Reply to topicShare | 
 

 Weer ek

View previous topic View next topic Go down 
AuthorMessage
Guest
Guest



PostSubject: Weer ek   Thu Nov 01, 2007 11:56 pm

affraid


Hier is die gedig soos belowe....




SY



‘n droom van perfeksie

‘n droom van toekoms geluk



maar in haar lê ‘n hart

gebroke

in haar lê ‘n dromer

alleen



deurmekaar oë wat soekend wegkruip

vergryping na aandag van ‘n geslote hart

harde trane te pletter teen ‘n tralie van haar blou paradys



sewentien– hy neem haar maagdskap en sy word verban

verban van volkome liefde na ‘n oomblik van roekelose lus

nog ‘n more

nog ‘n maan

nog ‘n druppel op my hand

nog ‘n droë seisoen van skaamtevolle vernedering op haar eiland

nog ‘n eensame termyn van jare se verlange wat spook in haar herhalende drome



een en twintig – hy wys haar ‘n ongelooflike hemel met wolke van eindelose
hartseer

sy word die vrywillige slagoffer van ‘n arrogante self

sy verban haar spore uit oases van liefdevolle geluk

sy weerhou haar brose hart van botterblommetjies in septembermaand

sy kies haar stil hartseer pad alleen

sy sluit ‘n donker deur op haar knieë

sy verwerp ‘n gevoel van saamwees

sy begrawe haar droom saam met haar flessie vol sonskyn



sy koop ‘n vrugbare tropiese eiland

sy vlug/trek een donker aand



vannaand begin sy – as enkeling - vreemdeling

nuwe spore in haar stowwerige onseker toekoms plant

nuwe strande waar silwer branders gisters wegspoel

nuwe drome lê in die oggend vergete waar sy haar silhouette benoem

nuut word sy in die nag

maar geluk lê steeds verkrag onder haar donker skaam jare van ‘n vaal verlede






Sleep
Back to top Go down
 

Weer ek

View previous topic View next topic Back to top 
Page 1 of 1

Permissions of this forum:You cannot reply to topics in this forum
Sparkling Sparklers :: Sparkling Sparklers Forums :: Liefde & Romantiek - Love & Romance-
Post new topic   Reply to topic